‘IT IS TIME’
Ongeveer twee weke gelede, het 33 van ons werknemers besluit om die “IT IS TIME” geleentheid, gelei deur Angus Buchan, in Bloemfontein by te woon. Kort na werk Vrydagmiddag, is almal Worcester toe om op verskeie busse te klim, om die lang pad met groot opwinding aan te pak.
Die volgende was hulle persoonlike ervaring oor hierdie spesiale geleentheid.
Peter Stydom: Wat ‘n ervaring? Wonderwerke gebeur nog steeds, hou vas aan God se Woord en beloftes.
Anna Witbooi: Ek het ‘n baie geseënde Woord ontvang.
Michelle Schrader: Om die teenwoordigheid van die Heilige Gees te kon ontvang, die krag en salwing, was ‘n wonderlike ervaring.
Jacoba Ontong: Ek het seëninge ontvang.
Rachel Klaasen: Om 1 000 000 mense op hulle knieë te sien, wat uitroep tot God, was onvergeetlik.
Budronesia Joostenberg: Die magtige Woord en om self die krag en salwing te kon ervaar, was ongelooflik.
Marsha Opperman: Ek het die werklikheid van die Gees tussen ons ervaar en sien deur beweeg.
Mienie Soldaat: Wonderbaarlike ontmoeting met die krag van God.
Wendy Conradie: Die ervaring van die geestelike wind, was onvergeetlik.
Claudene McGregor: Ek het die krag van God ervaar en gesien.
Kosie Pieterse: Ek sal nie vergeet hoe 1 000 000 op hulle kniee in gebed getree het nie.
Wadia Tamanie: Ek het God se krag ervaar en die trane het geloop.
Porchia Hartniek: Dit was ‘n wonderlike ervaring van Sy krag.
Francis Plaatjies: Die krag en die werke van God, sal ek nie vergeet nie.
Koos Sylvester: Ek het Saterdag ervaar dat die Here waarlik lewe en Sy gees was teenwoordig. Jesus het wonderwerke laat gebeur.
Dorris Blaaw: God is ‘n werklikheid, wonderwerke gebeur nog.
Alicia Serone: Dit was ‘n wonderbaarlike ondervinding, net om die eenheid in gees en liefde te ervaar.
Druedy Pekeur: Die Gees was wonderbaarlik en ek het as ‘n beter mens terug te kom.
Gerald Muller: Was ‘n voorreg om oom Angus Buchan in werklikheid te sien en ook hoe God hom gebruik om sy boodskap oor te dra.
Bertrum Conradie: Genisis 4 en 2 Kronieke 7 vers 14 was vir my duidelik.
Heliandra Mapoe: Dit was ‘n wonderlike ervaring, om in teenwoordigheid van God te wees en om seëninge te ontvang.
Vernely Corolissen: Wat ek ervaar het is dat jy moet in vrede lewe en jy moet jou naaste lief hê.
Pieter Swanepoel: Dit was ‘n wonderbaarlike ervaring om die krag van God te sien en te aanskou.
JP Swanepoel: Dit was ‘n geseënde dag en ek sal dit graag weer wil bywoon.
Elmarie Swanepoel: Dit was ‘n belewenis, met die windjie wat op gekom het en ‘n vrou wat uit haar rolstoel opgestaan het, só sterk was die gees.
Sarie Fortuin: Dit was ‘n belewenis. Sigbaar was die gees van God. Daar was ‘n gesalfde eenheid, omgee, respek en die liefde van God. Dit is net die liefde van God wat jou op jou knieë dwing.
Merna: That I’m no longer a slave to fear I am a child of God.
Celeste LeKay: A nation can be found in a few seconds.
Ubenisia Antonie: Nog nooit so ‘n belewenis ervaar nie.
Deoran Plaatjies: “Western Cape don’t worry, your rain will come” en dit het werklik gebeur. Ongelooflik.
Jackquin Matthys: Dit was voorwaar iets om te ervaar. Dit het gevoel ek moet nie daar wegkom nie en dit baat nie jy probeer dit vertel nie, want niemand sal dit kan verstaan as hy nie daar was nie.
Cordelia Vermeulen: Ek het vir die eerste keer werklik die Heilige Gees ervaar, dit was vir my ‘n belewenis.
Chrisolene Plaatjies: Ons God is die God van die onmoontlike en die Bybel die manier hoe God met ons praat en ons praat terug deur gebed. Dit was ‘n belewenis om die bonatuurlike krag van God te kon beleef.
Dit is duidelik dat elkeen van hulle ‘n boodskap terug gebring het, wat hulle vir altyd sal koester.