Hier by Capedry bied nie net bekostigbare droëvrugte, neute en ander verwante produkte nie, maar ook heerlike ontbyte, middagetes en vele meer by ons Bistro, asook verskeidenheid wyne van die omgewing teen kelder pryse.
Ons werknemers het dit goed gedink om hul werkservaring met ons te deel:
Helouise (links): “Ek geniet my werk, want dit is vir my baie interessant om elke dag iets nuuts te leer van al die verskillende wyne wat ons bied!”
Hilda (tweede van links): “Ek hou van wat ek doen en dit is my passie om hierdie kos te maak en ek geniet dit om te sien dat die mense terugkom.”
Rudene (middel-onder): “Ek hou van die gees wat hier heers. Ons werk lekker as n span saam.”
Ansebe (middel-bo): “Ek voeg ook net by dat met goeie leiding ons na die beste van ons vermoë die Bistro voortbou. Ek leef my passie uit in als wat ek hier doen. Dit is n eer en voorreg om hier te werk.”
Liz-Mari (tweede van regs): “Ek leer baie en hou daarvan om met mense te werk.”
Tessa (regs): “Ek is nog nie lank hier nie, maar ek werk lekker saam met Mevrou en die ander personeel. Mens kan sien hier word alles met liefde gedoen.”
Marvilee (afwesig): “Dit is lekker om uit te help, want die personeel werk lekker saam en heerlik om te sien hoe mooi die kos bedien moet word.”
Hierdie personeel se hande staan werklik vir niks verkeerd nie en sien elke dag daarna uit om kliënte te ontvang en heerlike kos en wyn te bedien.