Die beroemde, Capedry Montagu Padstal, vier hierdie jaar hul 26ste verjaarsdag.
Ons werknemers het dit goed gedink om hul werkservaring met ons te deel:
Antoinette (links): “Dit maak my gelukkig om ‘n kliënt te kan help en om te sien hoe gelukkig en tevrede hulle, met die produkte wat hulle gekoop het, is.
Hanli (agter links): “Dit is vir my baie lekker om nuwe kliënte te ontmoet, veral toeriste, en om te sien hoe hulle met ‘n glimlag by die winkel uitstap.”
Sarie (voor tweede van links): “Met opregte dank kan ek sê dat ek vir 20 jaar al betrokke is by Capedry en my werk sal altyd deel wees van my leefstyl.”
Antjie (tweede van regs): “Hier leer ek baie van al ons produkte en dit is een van die hoof redes hoekom ek my werk so baie geniet.”
Elmarie (regs): “Dit is ‘n voorreg om elke dag in ‘n werk te kan wees waar ek verskillende kliënte ontmoet en help.”