Ons by Capedry hou elke oggend ‘n spanleiers vergadering, waar die daaglikse take uiteengesit en bespreek word. Hierdie groep spanleiers het elkeen ‘n vraag geantwoord:
Pieter Strydom (links)
Peter is in beheer van die wasspan se take en is ook ons voorraadkontroleerder.
V: Hoelank werk jy al vir Capedry en wat het jy al geleer?
A: Ek werk al 10 jaar vir Capedry en leer elke dag iets nuuts.
Carol Adonis (tweede van links)
Carol hou die leisels in die produksiestoor.
V: Hoelank werk jy al vir Capedry en wat het jy al geleer?
A: Ek werk al 15 jaar by Capedry en elke dag is vir my ‘n uitdaging, ek geniet dit baie.
Johanna Soldaat (tweede van regs)
Sy is verantwoordelik vir kwaliteitbeheer oor Capedry produkte.
V: Hoelank werk jy al vir Capedry en wat het jy al geleer?
A: Ek werk al 12 jaar by Capedry en leer elke dag iets nuuts.
Andrew Datson (regs)
Andrew is in beheer van die gradeerspan en alle ongegradeerde voorraad.
V: Wat geniet jy die meeste om by Capedry te werk?
A: Om met die mense in spanverband te werk.