TOTSIENS OOM PIETER!
Een van Capedry se eerste werknemers, oom Pieter Swanepoel (77), het besluit dit is tyd om af te tree. Vir 25 jaar het ons by Capedry, die voorreg gehad om vir oom Pieter as ‘n werknemer te hê.
Oom Pieter het nie altyd baie gehad om te se nie, maar as hy gepraat het kon jy maar luister. Sy woorde het gewig gedra en sy daaglikse ywer om sy werk te verrig was vir almal op die perseel ‘n aansporing.
Ons gaan verseker oom se “Halls” lekkers elke dag mis.
Die Liewe Vader het vir oom Pieter een groot gawe gegee – die lewenslus en positiewe energie!
Oom Pieter was die spanleier van Capedry se wasspan, die tweede proses in Capedry se waardeketting, om top gehalte produkte te lewer. Sy spanlede het die volgende oor oom Pieter te sê:
Bertram: Oom Pieter was my mentor tot my sukses by Capedry.
Henry: Gaan oom se grappies mis. Geniet die aftrede.
Greg: Hy was baie streng op sy werk, maar nog steeds was ek oom se oogappel, dankie vir alles!
Jolin: Gaan my broodjie mis wat oom elke dag vir my gegee het. Geniet die aftrede.
Vandag wil ons by Capedry graag vir oom Pieter dankie sê vir toegewyde diens, dankie vir die leier wat oom was, dankie vir die pad wat oom saam met Capedry gestap het, dankie vir die voorbeeld wat oom vir oom se span gestel het, maar meeste van alles, dankie vir 25 jaar se lojale diens.
Ons wens vir oom Pieter ‘n wel verdiende aftrede toe en glo dat oom elke dag sal voluit te lewe.